Spirit Word

Audio only - uses much less data. Keeps playing with your screen locked.

4X4 Church

4x4 - Part 1

The Acts church pattern

24 Oct 2026 · Schalk Reyneke

What did the early church actually do that made it come alive? This teaching unpacks the simple, sustainable pattern of the Acts church - the apostles' doctrine, fellowship, the breaking of bread and prayer - and why we need it today. It starts with the first building block, the Word, and how meditating on it and doing it renews the mind. An invitation to stop striving and rediscover that it was always about Him and His kingdom, not our own plans.

Teaching transcript

Opening prayer and choosing life

Dankie Vader vir hierdie ontsettende voorreg om U te kan ken en te kan dien, en in realiteit te kan funksioneer om so bymekaar te kom en mense rondom ons te hê wat vir ons lief is. Mag elkeen vandag U liefde ervaar, U realiteit ervaar. Heilige Gees, kan U elkeen van ons kom aanraak en lewe gee aan elke gedagte, elke woord, elke aksie. In die Naam van Jesus. Amen.

Hierdie geleentheid wat ons vandag het, is presies dit. Van die Ou Testament af het die Here met Sy volk gepraat en gesê: 'I put in front of you life and death. Choose life.' Dit is my gebed, my begeerte, dat elkeen van julle vandag die Heilige Gees sal toelaat om iets in jou hart te kom sit wat nie...

Hierdie is nie net nog 'n dingetjie nie. Dit is nie: jy ken honderd goed en nou sit jy een by nie. Dit is die fondament van waarmee ons besig is. Dit is rêrig my hartsbegeerte dat ons ons hart oopstel sodat die Heilige Gees dit kan kom verander. Een van ons grootste gevare is as jy dink jy weet genoeg, as jy dink jy's op 'n OK plek, om nie oop te wees vir 'but what if?' nie. What if it can look different? What if I can manifest more of His presence?

So wanneer ons begin Woord deel, wanneer ons konsepte begin deel, is die gevaar daar dat ons begin dink: jis, OK.

What are we aiming for?

Ons het gisteraand bietjie daaraan geraak: wat is dit wat jy wil bereik? Is dit dat jy jou probleme wil oplos? Is dit dat jy wil hê jou huwelik moet beter funksioneer? Is dit dat jy jou volle potensiaal wil bereik? Wat is die perspektief? Ek hou daarvan — so werk my gedagtes — ek wil altyd die lyne trek. Ek wil weet hoe lyk die veld, en dan kan ek binne-in die veld begin inkleur.

Daardie perspektief van waarmee ons besig is, hierdie konsep waarmee ons besig is, is radikaal iets waarvoor jy jou hart moet oopstel en verstaan waarmee ons besig is. So ek vra die vraag: waarmee is ons besig, en waarmee moet ons besig wees? Wat is die einddoel, en hoe bepaal ons wat sukses is? Want ons wil almal seker sê ons het die doel bereik, ons is suksesvol. Maar hoe definieer ons dit? As ons begin met die verkeerde definisie van sukses — if you aim for the wrong thing, you gonna hit it. So start with the end in mind.

Waarheen is ons op pad? Is dit om uitdagings te oorkom? Is dit om gelukkig te wees? Is dit om antwoorde te kry op hierdie diep vrae van die lewe? Is dit om my volle potensiaal te bereik? Dit klink eintlik goed. Wat is fout daarmee om te sê my behoefte is om my volle potensiaal te bereik? Daar's niks fout daarmee nie, maar daar's waarheid, en daar's 'n hoër waarheid.

A higher truth: it's all about Him

Wat lyk daardie hoër waarheid soos? Dat dit alles oor Hom gaan, en Sy doel om Sy koninkryk te vestig, om Hom te aanbid — en hier, om Christus se volle potensiaal te bereik in my en deur my. Dit klink dalk of dit baie dieselfde is as om te sê: 'Ek wil my volle potensiaal bereik.'

Maar dis 'n enorme verskil, want daar's eintlik 'n gemoedsrus wat oor jou moet kom as ons hieroor praat. Die gemoedsrus daarin is: as jy na hierdie goed kyk, kan jy eintlik ontspan en sê: 'O, dankie tog Here, dis alles oor U. Here, this is Your game. This is Your plan. This is Your strategy. Thank You, Lord. It's all about You. It's all about You.' Ek dink ons saal onsself so op en sit hierdie gewig op onsself — wat ek moet doen en wat ek moet bereik in hierdie battle. Ek moet hierdie ou se hart verander, en hy's nie besig om te verander nie. Hierdie ou se huwelik — ek probeer, maar elke keer as ek sien, is hulle weer in 'n gemors.

En hierdie ou probeer van pornografie ontslae raak, maar ek kry hom nie om daar te kom nie. It's all about Him. It's His purpose. It's His ability. It's His kingdom. And even my full potential is not good enough — but His potential. Dit is krities om te verstaan, want alles waaroor ek nou verder gaan praat, moet jy hierdeur verstaan.

Here I am, Lord, send me — for Your plan

Haal lekker diep asem — een diep teug. Trek in en blaas uit. Reg, nou kom ons weer terug. It's all about Him. Ons het dit al 'n paar keer vanoggend gehoor: 'Hier's ek, Here, stuur my.' Maar dit is: 'Hier's ek, Here, stuur my vir U plan.' Die Here kom mos met 'n plan. As Hy nou vir Jeremia of Jesaja of wie ook al wil stuur,

kom Hy met 'n plan en sê: 'Hoor hier, Ek wil iets doen. Is jy beskikbaar? Kan Ek jou stuur vir wat Ek wil doen?' Nie ek wat hier sit en 'n klomp goedjies uitfigure en 'n plan het en 'n strategie, en dan iewers langs die pad sê: 'Maar Here, wil U my nie join nie? Ek het 'n goeie plan — kom join my.' Nou bid ek en smeek, want ek het mos 'n plan. Die gemoedsrus wat ons het, is: it's all about Him. Dis Sy koninkryk, dis Sy plan.

Die wonderlike ding is: ons gaan baie praat oor die 'hoe' vandag, maar as ons praat oor hoe, moet jy hierdie konteks hê om te verstaan: God het 'n plan. Hy het 'n doel. Daar's 'n endgame. As ons sukses wil definieer, as ons sukses wil meet, moet ons dit eers definieer. En as ons dit wil definieer, moet ons vra: wat is God se definisie van sukses? Dan is dit duidelik wat Sy definisie van sukses is: Hy wil Sy koninkryk in die aarde vestig.

Hy wil hê the earth must be covered with the fullness of His glory, like the waters cover the sea. So ontspan nou, maat. It's all about Him, and He's gonna do it. Wat 'n voorreg vir ons om deel daarvan te wees.

Celebrate the right thing

Jesus het dissipels uitgestuur, die sewentig, twee-twee, en hulle gaan uit. Hulle genees mense, die demone vlug, en hierdie ouens kom terug en sê: 'Wow, Jesus, weet U wat ons vandag gedoen het? Die demone vlug, die mense word genees.' Jesus sê: 'Celebrate one thing — that your name is written in the book of life.'

Dis great om opgewonde te raak oor die dinge van die Here. Dis great om hierdie openbaring te ontvang uit die Woord en opgewonde te wees daaroor. Dit moet jou excite. As jy iets in die Woord lees en sien: 'Wow, ek het dit nog nie voorheen gehoor nie, ek het dit nog nie voorheen gesien nie,' of iemand deel iets — dis great, maar perspektief is belangrik.

God already had the plan

Van hier af vloei ek nou hierin in. Die wonderlike ding is om te weet dat dit gaan om Christus se potensiaal te bereik. Soos al hierdie goed wat ons nou gelees het of van gepraat het vanoggend: as die Here jou roep vir iets, is die amazing ding altyd dat Hy jou alles gee wat jy nodig het. Nou het ons besef dit is God se doel wat Hy wil bereik. So hoekom worry ek oor wat my strategie en my purpose en my gifts is? Dis God — wat wil U bereik? Nou weet ons.

Hy wil Homself vestig in hierdie aarde. Hy wil Christus vestig in hierdie aarde. En nou die gemoedsrus wat daaruit vloei: as God se plan was om Christus te vestig in hierdie aarde, om Sy lewe, Sy heerlikheid, Sy glory te vestig in hierdie aarde, dan het Hy tog seker 'n plan gehad. God het nie besluit Hy wil hierdie aarde vul met Sy heerlikheid, en Hy wil Sy koninkryk vestig in hierdie aarde, en nou sit Hy en sê: 'Jo, mense, Ek weet nie hoe Ek dit gaan doen nie.'

'Kan julle dalk vir My 'n plan maak hoe ons dit gaan doen?' Nee, Hy het klaar die plan gehad. Die plan is Christus. Daar's nie 'n ander plan nie. Die plan is Christus. En om Christus te vestig in hierdie aarde is die Gees en die Woord. We need to worship Him in spirit and in truth. So die gemoedsrus wat ons het, is: as God 'n doel gehad het, dan het Hy 'n plan. En die amazing ding is dit — ons sê dit vir mekaar seker al duisende kere.

Seek first His kingdom

Die Matteus 6:33:

“But seek first the kingdom of God and His righteousness, and all these things shall be added to you.”

Matthew 6:33 (NKJV)

Hoekom is dit belangrik? Ek het in die begin aangeraak: wat is dit wat jy verwag? Wat is jou verwagting van hierdie naweek? Wat is jou verwagting van jou verhouding met die Here? Wat is jou verwagting van die Woord en van die Gees? Is jou verwagting: nou gaan ek my huwelik laat werk, nou gaan ek my volle potensiaal bereik, nou gaan ek gelukkig wees, nou gaan ek gesond wees, nou gaan my besigheid suksesvol wees?

Niks fout met enige van daardie verwagtinge nie, maar dit kan nie die fokus wees nie. Die fokus moet Hom wees, Sy koninkryk. Hoekom Sy koninkryk? Want dit was nog heeltyd Sy doel. It's not a sideshow. Dit is wat God se bedoeling was met ons in hierdie aarde. Van die begin af, van Adam en Eva, het Hy gesê: 'Wees vrugbaar, vermeerder en vul die aarde.' Maar nie vul die aarde met vlees nie — die opdrag was: vul die aarde met gees.

And we messed it up. Maar God se bedoeling het nog nooit verander nie. Dit is om hierdie aarde te vul met Sy lewe, met Sy Gees, met Sy koninkryk. En die strategie is nog steeds dit. Vir ons is die gemoedsrus: if I know nothing, I just seek His kingdom. I seek His face. I seek His presence. Solank ek Sy koninkryk soek, is dit OK. Dan kom al hierdie ander goed. Dan val my huwelik in plek. Dan val my besigheid in plek. Dan het ek daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan.

So die gemoedsrus is dit: what are we aiming for? For His kingdom.

Christ is the way and the solution

As ons nou begin praat oor — ek het gesê dis Sy doel, Sy weg. It's His purpose, it's His way. Ons weet Christus is die weg. Jesus is the way. Dis interessant — Hy's die weg, Hy's die waarheid, He's the life. He's the only way to the Father. Maar dis nie net 'n weg soos in 'ek gaan deur Hom' nie.

It's the way of doing, the solution. Christ is the way, the ability to actually manifest everything that God had in mind. Volg julle? Wie's nog met my? Steek jou hand op as jy met my is. Wie weet nie waarvan ek praat nie? Wie's by die verkeerde meeting? OK, dit lyk of ons nog alright is.

Hy het vir ons die opdrag gegee. Hy het vir ons die voorsiening gemaak. Die voorsiening — dit is hoekom Jesus moes kom, want Christus is die oplossing.

Reading in English

Ek gaan so hier en daar verse ingooi wat ek net gaan lees, en ek gaan die verse in Engels hou. Julle weet al elke jaar my storie: toe my lewe verander het, het die Here onmiddellik vir my gesê om 'n Engelse Bybel te kry, want ek was vasgevang in religie. As ek in die Afrikaanse Bybel gelees het en ek het daardie versie gelees, het dit vir my dieselfde beteken as wat dit die vorige veertig jaar beteken het, en dit was niks. Die Here moes my uitdaag deur my 'n Engelse vers te laat lees wat ek eintlik geen idee gehad het wat ek lees nie, en ek moes dit begin interpreteer in die Gees.

So ek doen hierdie goedjies doelbewus. Ek het my notas — hierdie skyfies is eintlik in Engels, maar ek het hulle vir julle omgeskakel na Afrikaans, maar ek het die verse in Engels gehou, sodat — miskien is jy ook net jou Afrikaanse Bybel gewoond — dit jou net 'n bietjie kan uitdaag oor wat daardie vers sê.

The Acts church begins

“Therefore, let all the house of Israel know assuredly that God has made this Jesus, whom you crucified, both Lord and Christ. Now when they heard this, they were cut to the heart and said to Peter and the rest of the apostles, 'Men and brethren, what shall we do?'”

Acts 2:36-37 (NKJV)

OK, so ons is nou hier met 'n plan. Ons weet dis God se plan. Sy strategie is in Jesus. Nou begin ons daar. Nou kyk ons waar dit begin het, ná Jesus opgevaar het. Ons verwys baie daarna as die Handelinge Kerk, die Acts Church. Hoe het dit van die begin af gelyk? Want God het 'n plan. Sy plan was — Hy het 'n doel, Hy het 'n plan om die doel uit te voer, en daardie plan is Jesus. Toe stuur Hy Jesus. Toe kom doen Jesus alles wat Hy moes doen op aarde. Daar's niks wat Jesus nie gedoen het nie. En toe Hy klaar was, het Hy teruggegaan.

En deur daardie teruggaan-proses het Hy vir ons moontlik gemaak 2 Korinthiërs 5:18, die bediening van versoening. So ons bediening is the ministry of reconciliation — om een te raak met God, om mense een te maak met God. In daardie proses het Jesus alles gedoen wat Hy moes, en Hy is terug. Nou sê die Bybel: 'He's seated at the right hand of the Father.' Julle weet Hy was die Hoëpriester, en in die Ou Testament, as die hoëpriester in die allerheiligste ingegaan het, mag hy nooit gesit het nie. Daar was nie plek om te sit nie, want hy was aan diens.

Hy moes intree vir die mense. Hy moes sekere dinge doen, opdragte wat hy gekry het. Jesus was ons Hoëpriester. Nou is Hy in die hemel, en dit sê: 'He's seated at the right hand of the Father.' Wat is die betekenis daarvan? Wat Hy moes doen, is klaar. Hy het gedoen wat Hy moes doen. Nou sien ons: OK, maar wat gebeur nou op die aarde? Nou skuif ons fokus van daar af hiernatoe en vra: wat gebeur?

Hearts on fire

Nou het ons die Handelinge Kerk, wat presies in daardie tyd die instruksie, die teenwoordigheid — hulle was in Jesus se teenwoordigheid. Hulle het geweet wat Sy hart is, want Hy het die Vader se hart gekommunikeer. En nou begin hulle met hierdie proses, nou begin hulle aangaan. Nou kan ons vir onsself vra: kom ons gaan kyk daar waar dit begin het, die Handelinge Kerk. Kom ons gaan kyk wat het hulle gedoen. Want dit bring ons terug na: as God 'n doel het, het Hy 'n plan, Hy het 'n resep, en daardie resep het Hy begin uitleef hierso. Kom ons gaan kyk hoe lyk dit. Die belangrike element wat julle hier moet sien, is: die Handelinge Kerk het begin opvlam.

Die kerk was suksesvol op daardie stadium, en die mense is in hulle hart aangeraak. Wat het hier gebeur? Hulle het begin Jesus verkondig, en die mense se harte het net opgevlam en gesê: 'Dit, dit, dit is Hy. Ek weet dit is Hy. Ek wil dit hê. Ek wil dit hê.' Want hulle is aangeraak deur die Gees. Die Heilige Gees is uitgestort — drieduisend mense. Hierdie mense het net die teenwoordigheid van God ervaar, en nou is hulle all fired up and nowhere to go. Nou sê hulle: 'Maar wat nou?'

Cut to the heart

'Wat nou?' They had a desire in their heart. They were cut to the heart — not the mind, not religion, not the habits of the previous forty years. It's in their heart, there where only the Holy Spirit can touch you. Is there a cry in your heart? Is there something that you will allow the Spirit of God today to cut right into your heart, to say: 'Lord, what now?' Dit is waar hulle was met hierdie Handelinge Kerk.

Hulle het hierdie goed begin sien gebeur, en hulle het gesê: 'Jo, ek is deel hiervan. Ek weet ek is deel hiervan. Wat doen ek nou?' Without that desire, God cannot influence you. Hoor julle my?

Sê gou saam met my: Dankie, Vader, vir U Woord en U Gees. Vader, my hart is oop. My heart is burning. I have a desire for You. Thank You, Father, that Your Word and Your Spirit cuts right into my heart. In the name of Jesus.

Repent and be baptised

Hierso. Nou sê Peter: 'Okay, reg manne, julle is fired up, julle het kom aanmeld, julle het kom sê: Hier's ek, Vader, stuur my.' Nou sê hy: 'Reg, wat gaan ons doen?'

“Repent, and let every one of you be baptized in the name of Jesus Christ for the remission of sins, and you shall receive the gift of the Holy Spirit. For the promise is to you and to your children, and to all who are afar off, as many as the Lord our God will call.”

Acts 2:38-39 (NKJV)

Ek kan die res van die naweek net oor hierdie vers praat, maar ek moet by 'n paar ander goed ook uitkom. Ons skep altyd die geleentheid hierdie naweek om gedoop te raak. As julle wil gedoop raak, enige tyd — hier's 'n lekker dam, baie mense is al hier gedoop. Die betekenis daarvan wil ek nie nou in gaan nie, maar as jy enige vrae daaroor het vandag, môre, vannag, môreoggend, enige tyd — as jy dit in jou hart het...

Repentance and freedom from condemnation

Die betekenis daarvan: repent, repent and let every one of you be baptized in the name of Jesus Christ. Die repent is nie net die sonde nie. Miskien is daar goed hierdie naweek wat jy moet bely, wat satan 'n houvas in jou lewe gee — doen dit. As jy daardie oortuiging het, kom praat met een van ons. Ons is hier heel naweek. Ons het tyd tussenin vanaand, ons gaan lekker braai vanaand. As jy wil gesels, as jy iewers privaat wil gesels, gebruik die geleentheid, want daardie goed wat jy in die duisternis laat lewe, gee vir satan 'n houvas, and it condemns you.

The strategy of Satan is condemnation. But there is no condemnation for those that are in Christ Jesus. Maar hierdie condemnation wat hy op die oomblik gebruik, is: repent, sodat daardie goed — dis deel daarvan — kan sê: 'Hoor hier, daardie ding verloor sy krag in jou lewe as jy dit in die lig bring.' Want terwyl jy dit in die duisternis voed, klou dit vas, dit wil nie gaan nie. So we repent that, but it's not just the sins that we repent. We repent from the fact that we can never be enough.

Receiving the Holy Spirit

Through Christ we can be enough, not in our own capacity.

“...for the remission of sins; and you shall receive the gift of the Holy Spirit.”

Acts 2:38 (NKJV)

Wanneer ons Jesus aanvaar as ons Verlosser, is dit nie net 'n religieuse oefening nie. Dit is 'n geleentheid om onsself as 'n container beskikbaar te stel vir die Heilige Gees om in my te bly. En dan kom bly die Gees in my, en dan kan ek die krag en die lewe van God deur my tot uiting laat kom en begin lewe gee.

Dis interessant hoe hierdie volgorde werk: dit is bekering, jy gee jouself oor, en dan ontvang jy die Heilige Gees, en dan kan ons Sy strategie begin leef. Dit is presies wat hier begin gebeur het.

“And with many other words he testified and exhorted them, saying, 'Be saved from this perverse generation.' Then those who gladly received his word were baptized; and that day about three thousand souls were added to them.”

Acts 2:40-41 (NKJV)

The receptive heart

Julle ken die gelykenis van die saad wat gegooi word. Die Woord is saad, en nie alle saad val in vrugbare grond nie. Kobus het dit ook vanoggend gebid, en ons vertrou die Heilige Gees om jou hart op 'n plek te posisioneer waar jou hart Sy Woord kan ontvang en waar dit lewe kan bring. Dis die grond waarbinne die Woord moet groei en vrug moet dra. So die ontvanklikheid van jou hart is die bepalende faktor in wat daarmee gebeur. Maar hulle het die Woord met blydskap ontvang; hulle is gedoop, en omtrent drieduisend is tot hulle bygevoeg.

So hulle het hulle bekeer, hulle is gedoop, hulle het die Heilige Gees ontvang, en hulle het die Woord met blydskap ontvang. Is ons op daardie plek waar die Woord kan sny? Deur alles sny. Die Woord kan sny deur alles: my pretensie, my ambisie, my doel, my eie dinge self. Die Woord sny deur dit alles tot in daardie diepste plek van my hart, om te kan sê: 'Father, truly, it's all about You. It's Your ability, it's Your kingdom, it's Your purpose. Here I am.'

Dis 'n besluit tot in die diepste plek van jou hart wat jy nou al vanoggend saam gesê het. Jy het jouself daar geposisioneer; jy gee jouself oor. En dan kom ons nou hier - dis die aanloop. Dis waar ons onsself posisioneer in hierdie Handelinge-kerk-fase. En dan sien ons resultate in die Handelinge-kerk.

The Acts church explodes

Daardie kerk het ontplof. Nou is die vraag: wat was die resep? Wat het hulle gedoen wat gewerk het? En die wonderlike ding, soos ons alreeds vir julle gesê het, is: ons hoef nie iets nuuts uit te dink nie. Die resep was van die begin af daar. Ons het gegaan en van dit wat Gees is en wat lewe is, 'n religie gemaak - 'n mensgemaakte struktuur, 'n resep, 'n doktrine - om te sê: 'Hoor hier, as jy hierdie twintig goed glo, as jy hierdie sewe stappe doen, as jy...'

And where did that bring us? In religion, in death, in no life. In our own kingdom. Hoeveel kerke is daar buite? Hoeveel klein koninkrykies word gebou? Want iewers langs die pad verloor ons die plot oor wie dit regtig oor gaan.

Maar hierso was die resep: they continued steadfastly in the apostles' doctrine. Dis nommer een. Hier's vier goed. En vir ingeval jy nog nie begin optel het nie - hier gaan ons nou in die four by four in.

The four elements

Hier's die vier elemente waaruit die een gedeelte van die four by four bestaan.

“Now they continued steadfastly in the apostles' doctrine and fellowship, in the breaking of bread, and in prayers.”

Acts 2:42 (NKJV)

Nommer een: die apostels se doktrine. Nommer twee: fellowship. Nommer drie: die breek van brood. En nommer vier: gebede. Nou gaan jy seker vir my sê: 'Whoa, dit kan nie so eenvoudig wees nie.' Dit is so eenvoudig. Ek dink die een ding wat ons besef het toe ons hierdie konsep, hierdie resep, hierdie fondasie van Christenwees gaan ondersoek het, is: weet jy wat?

We complicate the gospel

We complicate the gospel of Jesus Christ. Ja. It's simple. It is very simple. It's these four things. That's it. This is it. The apostles' doctrine - dis die Woord van God. Fellowship, breaking of bread and prayers. That is it.

Daar is 'n belangrike ding om op te let: hulle het volhard. Nie hier en daar 'n bietjie, 'n druppel, 'n sideshow nie. They continued steadfastly. Continued steadfastly. Daar's 'n verbintenis. Daar's 'n vlak van verbintenis wat ons as 'n gemeenskap moet hê wat dit 'n sukses maak. Kom ons kyk gou wat die uitkoms daarvan was.

Signs, wonders and all things in common

“Then fear came upon every soul, and many wonders and signs were done through the apostles. Now all who believed were together, and had all things in common, and sold their possessions and goods, and divided them among all, as anyone had need.”

Acts 2:43-45 (NKJV)

So lyk dit of dit gewerk het. Hierdie resep het gewerk. Daar is heeltyd mense tot die kerk toegevoeg. Mense het vir mekaar begin lewe, vir die gemeenskap. Hulle het aan hulself gesterf, en die vrug was daar. Die mense het aanhou instroom.

So continuing daily - daar's daardie woord weer: continuing daily, continuing steadfastly. Hier's 'n dissipline, hier's 'n verbintenis, hier's 'n verwagting. Dit is nie 'n: 'een keer 'n jaar woon ek iets by en ek verwag iets gaan verander nie.' Hier is iets anders.

“So continuing daily with one accord in the temple, and breaking bread from house to house, they ate their food with gladness and simplicity of heart.”

Acts 2:46 (NKJV)

Daar's daardie een weer: breaking bread from house to house. Belangrik. Jy gaan nie by gladness en simplicity of heart uitkom as jy nie begin besef dit gaan oor Sy koninkryk nie.

Eyes off ourselves, onto His kingdom

As dit gaan oor: ek moet hierdie goed uitsorteer - ek het al baie in die verlede gesê: 'Die vinnigste wat iemand geestelik groei, is wanneer hy sy oë van homself afhaal.' As jy dink die doel met Jesus is om te sê: 'Here, hier's die pocket God - kom sorteer gou my huwelik uit, kom sorteer gou my besigheid uit...' en dit bly heeltyd jou fokus - jou gesondheid, jou huwelik, jou besigheid, jou verhoudings - dis al waaroor dit gaan heeltyd, en jy gaan aanhou sukkel tot die dag wat Jesus terugkom.

Maar wanneer ons ons oë daarvan afhaal en ons begin fokus op wat Sy koninkryk, Sy verwagting is, en ons begin Hom toelaat om die doel te wees - to seek first His kingdom.

“Continuing daily with one accord in the temple, and breaking of bread from house to house, they ate their food with gladness and simplicity of heart.”

Acts 2:46 (NKJV)

Daar's 'n plek waar ons kom waar dit nie saak maak wat fisies met jou gebeur nie. Dit kan nie die vrede in jou hart steel nie. As jy op daardie plek is waar die branders slaan, waar jy in die tande geskop word, en jy staan - dit maak eintlik nie eers sin nie, die goed wat rondom jou gebeur nie, maar die vrede wat in jou hart is, posisioneer jou net op 'n ander plek. Dan weet jy: you are seated in Him.

Gladness, simplicity and daily growth

“They ate their food with gladness and simplicity of heart, praising God and having favor with all the people. And the Lord added to the church daily those who were being saved.”

Acts 2:46-47 (NKJV)

Hoeveel van ons stres en druk en uitdagings is omdat ons wêreldse goed najaag? As ons 'n bietjie moet terugstaan en sê: 'Waarmee is ons regtig besig? Die goed waaroor ek stres - waar pas dit in die prentjie in?'

Wat 'n resep! Wat het hierdie manne gedoen? Hulle het saam gekuier en brood geëet, en die kerk het gegroei. Amen. Is dit nie interessant nie? Dis nie hierdie ingewikkelde doktrine nie. Ek praat van doing life together. There's a way of doing life together that was so attractive to everybody around them that they would truly come and say: 'What is it that's different with you? Explain it to me. I want what you have.' It's a way of doing life. It's a way of being.

Dis nie hoe jy lyk die uur op 'n Sondag wanneer jy in die kerk sit nie. Dit is die res van die week wat die verskil maak - of iemand sê: 'Hey, daardie Jesus wat jy dien, ek wil Hom ook ken,' of is die lewe van so 'n aard dat it's not desirable?

“They ate their food with gladness and simplicity of heart, praising God and having favor with all people. And the Lord added to the church daily.”

Acts 2:46-47 (NKJV)

Die Here het bygevoeg. Wat het hulle gedoen? Hulle het saam geleef. Hulle het alles in gemeen gehad, en wonders en tekens het gevolg. Daaglikse eensgesindheid, saam geëet met blydskap en eenvoud van hart. Eenvoud van hart - moenie laat die dinge van hierdie wêreld die eenvoud in jou hart kom steel nie. Hulle het God aanbid, en die Here het daagliks bygevoeg.

So die gevolg is daardie resep wat julle nou gesien het - daardie vier goedjies - en ons gaan nou binnekort dieper daarin induik. Die bottom line is: dit het gewerk. Daar was nie 'n ander resep nodig nie. Dit het gewerk. Ons hoef nie iets nuuts uit te dink nie. Dit is die resep. Dit is die weg. Dit is die waarheid. Dit is die lewe. And the Lord added to the church daily.

It is the Spirit that gives life

Daai is die vier elemente. Dit praat van die apostels se leer, wat die Woord is - dis die Woord, daardie kategorie is die Woord. Nommer twee is fellowship. Nommer drie is die breek van brood - breaking of bread. En nommer vier is gebede. Nou, elkeen van daardie vier goed het baie vleis wat om hierdie been kom. Ek gaan so bietjie begin uitbrei daaroor. Ek dink wat belangrik is, in enige konteks, is dat it's the Spirit that gives life. Jy kan enigiets vat - en dis wat met soveel kerke gebeur het: jy vat iets wat lewe het en wat Gees is, en dan bou ons iets wat vlees is, 'n fisiese struktuur.

Dis soos Paulus geskryf het aan die Galasiërs: 'You foolish Galatians, having started in the Spirit, do you want to perfect it in the flesh?' Dis ons menslike natuur dat die Gees iets van die realiteit van God aan jou openbaar, en dit is waarheid, dit is lewe.

En dan vat ons, in ons menslike natuur, daardie ding wat Gees is, en dan sê ons: 'Ok, maar ek moet nou hierdie ding verpak. Ek moet nou 'n kerk hiervan maak. Ek moet 'n doktrine hiervan maak. Ek moet 'n stel reëls hiervan maak.' En dan kommunikeer ek iets aan jou wat nie meer lewe in hom het nie. Ek is baie uitgesproke daaroor dat ek dink die grootste sukses wat Satan in hierdie land bereik het, is om religie te skep. Want wat het hy gedoen? Hy het iets gevat wat lewe het, en hy het 'n fisiese struktuur, 'n doktrine, 'n gewoonte en 'n roetine daarvan gemaak.

En hy het letterlik net mooi gekom en die lewe van die Gees uit daardie ding uitgehaal. Die dop van die skilpad is nog daar. Hy lyk steeds presies soos 'n skilpad, maar die lewe daarbinne is net mooi uitgehaal, en almal volg nog steeds hierdie dop - hulle kom nie agter daar is nie lewe daarin nie. So wat belangrik is, as ons praat oor four by four, moet julle ons harte ook hieroor verstaan: dat four by four net in jou lewe gaan werk as jy die Gees toelaat. Dit is baie moeilik - julle sal agterkom ons sukkel 'n bietjie om 'n woord te vind om die konsep te verduidelik, want ons wil sê dis 'n resep, dis 'n strategie, dis 'n... Maar by gebrek aan 'n beter manier om dit te kommunikeer, gebruik ek die woord 'resep', maar ek dink julle verstaan dis baie meer as dit. Dit maak dit net makliker om te kommunikeer.

God gives the increase

So hierdie resep, hierdie konsep - it is the Spirit that will give life to it. Jy moet die Heilige Gees toelaat. Dit is Sy Gees, Sy teenwoordigheid, Sy vermoë wat hierdie ding laat werk. En ons weet, soos 1 Korintiërs 3 sê:

“I planted, Apollos watered, but God gave the increase.”

1 Corinthians 3:6 (NKJV)

Dis my gebed dat God die toename sal gee aan die Woord wat jy vandag ontvang het. God will give the increase in your heart. God will give the increase in your family, in your community, in whatever you need to have changed. God will give that increase.

“So then neither he who plants is anything, nor he who waters, but God who gives the increase.”

1 Corinthians 3:7 (NKJV)

Hierso is ons weer terug by perspektief. Waaroor gaan dit? Dit gaan oor Hom. Moenie worry oor die akkolades nie. Jy hoef nie hierdie stok agter die deur te hê waarop jy elke dag 'n kerfie insny van: 'Jis, Here, vandag...'

Het Jy al gesien wat ek vandag gedoen het? Ons het nie nodig om akkolades op te bou nie, want wat kan jy gee wat betekenis het wat nie reeds Hy is nie? So waarvoor wil ons merkies maak? Ons het nie nodig om in hierdie wêreld beloon te word nie. Ons het nie nodig om erken te word nie. Ons het nie nodig om te sê: 'Jo, kyk wat het ons uitgedink,' want ons het niks uitgedink nie.

John the Baptist's example

Dis vir my altyd besonders in my hart, veral die konsep van Johannes die Doper - dit spreek altyd so tot my hart, want Johannes die Doper het eintlik 'n baie kort tydjie gehad. Vandat hy in sy ma se baarmoeder was, het hy Jesus al herken en het hy gespring.

Van daar af, in sy hele lewe, het hy eintlik net 'n paar kort tydperke aan die einde van sy lewe gehad waarin hy werklik aktief in sy bediening was. En al wat hy in daardie tyd gedoen het, is om te sê: 'There's one coming.' Hy het nie gesê: 'Hey, weet julle wie ek is? Ek is Johannes die Doper. Weet julle dat ek in my ma se baarmoeder al Jesus...'

'...weet julle dit?' Hy het nie probeer om hierdie ding van homself te maak nie. Hy het nie homself op 'n voetstuk gesit nie. En tog het Jesus na hom verwys en gesê: 'Hey, daar was nog nie 'n man soos hy nie.' So hy kon, maar hy het nie. Hy het heeltyd gesê: 'Julle sien my nie, maar there's one coming. Dis al hoekom ek hier is. There's one coming.' That's our job: to connect people with Him, not to be the focus - to connect you with His Word, with His Spirit, with His plans.

No function is insignificant

En dit is baie duidelik: God is die Een wat daardie toename, daardie increase, gee.

“Now he who plants and he who waters are one, and each one will receive his own reward according to his own labor. For we are God's fellow workers; you are God's field, you are God's building.”

1 Corinthians 3:8-9 (NKJV)

Is waarmee ons besig is - die koninkryk. Ek dink wat belangrik is hierso, net so 'n praktiese kantaantekening: selfs in daardie beginstadium het die kerk so begin groei dat van die mense begin kla het en gesê het: 'Hoor hier, as ons kom en ons eet saam, dan sit ons eenkant en ons kry nie kos nie. Hoekom kry ons nie kos nie, en daardie ander het klaar kos in?' Nou raak dit 'n logistieke ding, want hierdie hoeveelhede raak so groot - hulle was nie daaraan gewoond nie. Nou moet hulle ook prakties begin funksioneer. Nou sê hulle: 'Kom ons kry 'n paar manne wat...' - want hulle wil nie fokus verloor nie. Hulle wil op die Woord fokus. Hulle wil op gebed fokus. Hulle wil bedien. 'Kom ons kry 'n paar manne wat die kos kan bedien.'

Nou, dit is belangrik - dit is 'n kantaantekening, maar ek wil hê julle moet dit hoor. Toe hulle hierdie manne moes selekteer wat, tussen aanhalingstekens, net die kos moes uitdeel - dit kan nou klink: 'Hoor hier, hier's 'n paar manne, hulle verkondig die Woord, hulle is deur God geroep, hulle is die manne.' So nou kort ons 'n paar plebs hier wat die kos kan uitdeel. Nee - die proses waardeur hulle moes gaan om 'n paar ouens te kry om kos uit te deel, was 'n proses in die Gees.

“Then the twelve summoned the multitude of the disciples and said, 'It is not desirable that we should leave the word of God and serve tables. Therefore, brethren, seek out from among you seven men of good reputation, full of the Holy Spirit and wisdom...'”

Acts 6:2-3 (NKJV)

Hoeveel Holy Spirit and wisdom het jy nodig om kos uit te deel? Apparently a lot.

“...whom we may appoint over this business; but we will give ourselves continually to prayer and to the ministry of the word.”

Acts 6:3-4 (NKJV)

Die een ding wat jy nou moet besef - die konteks hiervan, as ons praat oor four by four en die funksie en hoe dit funksioneer - is dat jy baie maklik vir jouself kan sê: 'Ja man, hier's 'n paar ouens wat lekker praat en wat voor hardloop, en hierdie is vir daardie manne.' Nee. Daar is geen funksie wat God binne-in die liggaam ontwerp het wat meer of minder betekenisvol is as 'n ander een nie.

So as jy hier vandag sit en dink: 'Ja, maar ek is nie - ek is die een daar agter. Ek wil nie die aandag vang nie. Ek wil nie...' Nee, nee, nee, moenie met my praat nie. Moenie my vra nie. Ignoreer my net. Ek is eintlik nie hier nie. The Lord chose you specifically for what He called you for.

Miskien, in jou oë, is die funksie wat jy in hierdie prentjie moet verrig onbeduidend. Maar in God se oë is dit nie onbeduidend nie. Wie van julle het julself gemaak? Niemand nie. God het jou gemaak. Hy weet presies wat Hy deur jou nodig het, en Hy het jou presies handgemaak, perfek, vir die funksie wat jy moet vervul.

So ek wil vir jou sê - it's the cry of my heart to your heart - vandag: moenie jouself afkraak nie. Moenie vir jouself sê jou funksie is minder belangrik nie. Moenie jouself onontvanklik maak nie - sê: 'Here, wat wil U deur my doen in hierdie prentjie van waarmee ons besig is?' Because it's all about Him. As jy begin sê: 'Nee, nie ek nie, nie dit nie,' dan gaan dit oor jouself. Dit gaan nie oor Hom nie. Hy het jou gemaak.

Ministering to the Lord First

So as ons in hierdie prentjie ingaan, moenie heeltyd sit en kyk na die prentjie en sê: 'Hey, dis vir die ou langs my. Hierdie, hierdie, o hierdie is vir jou, hierdie is vir jou.' Nee, dis vir jou. En dan wat gebeur? Dan sê dit:

“As they ministered to the Lord and fasted, the Holy Spirit said, 'Now separate to Me Barnabas and Saul for the work to which I have called them.'”

Acts 13:2 (NKJV)

Hier is nou nog 'n vers wat ek net vir julle wil sê. Waaroor gaan dit hierso? En ek hoop julle begin so bietjie die konteks verstaan van waartoe ons op pad is.

Dit sê they ministered unto the Lord. They were seeking His face, His presence, His guidance, and they were seeking the presence of the Holy Spirit. Without the Spirit, there is no life in it. So julle moet verstaan, ek wil hê jy moet jou hart oopmaak in hierdie proses waarmee ons besig is. En dit is tussen jou en God. Dis 'n persoonlike ding. So moenie vashaak by enige struktuur of konsep nie. It is the Spirit that gives life. Allow Him to give this concept life in your heart.

Geen funksie is minder belangrik nie. Elke deel dien sy doel. En dit begin deur eers die Here te dien. Dis waar dit begin. Ek het al hieroor gepraat. Kan julle dit sien daar? Hier is nou die four by four. Hier is die konsep van die beginsel van four by four.

The Four Columns: Self, Family, Disciples, Church

So hier aan die linkerkant het ons die vier blokke, die Handelinge-kerk - dis wat hulle gedoen het: apostles doctrine, fellowship, breaking of bread, en prayers. Ek gaan dit nou in detail verduidelik, maar jy moet eers verstaan waar dit inpas. Hier is die vier goed wat hulle gedoen het. Nou is die vraag - dit sê:

“And they continued steadfastly in the apostles' doctrine and fellowship, in the breaking of bread, and in prayers.”

Acts 2:42 (NKJV)

Maar wie? Wie het dit gedoen? En hier is wat duidelik is.

Daar is 'n kolom wat ek - ek moet dit eers self doen. Dis waar dit begin. Maar dan is die Woord ook baie duidelik: direk na myself is my eerste verantwoordelikheid my gesin. Die Bybel sê vir ons, ons wat Christene is: as jy nie na jou eie gesin omsien nie, is jy erger as 'n heiden. En wat belangrik is om te verstaan oor die konsep van gesin.

As jy kyk na hoe die Woord ons uitbeeld in terme van die liggaam van Christus - die liggaam van Christus word uitgebeeld in die konteks van 'n bruid en 'n bruidegom, 'n huwelik. Die hele liggaam van Christus word uitgebeeld in die konteks van 'n huwelik. Hoekom? Want dis hoe dit werk. So waar dit begin, nadat jy by jouself beweeg, begin dit in jou huwelik, in jou gesin.

Dis waar dit begin. Voordat jy iewers anders gaan, is dit wat hulle uitgesorteer het. En dis hoekom dit ook sê: 'They went from house to house,' want daar by die huis is die hele familie, die hele gesin is daar. Dis nie: ek is heeltyd weg, my gesin weet nie waar ek is nie, want ek is besig om iemand anders se probleme uit te sorteer. Nee, my gesin kom eerste.

Discipleship as One-on-One Duplication

En dan kom ons by konsep nommer drie. Die belangrikheid daarvan is: ek, myself - hierdie vier goed; my gesin - hierdie vier goed. Dan gaan dit oor dissipelskap, die Matteus 28-opdrag. Ons opdrag is: 'Go and make disciples. All authority has been given to Me. Now therefore go.' Dit beteken all authority has been given to us to make disciples. Dis die Matteus 28, the Great Commission: 'Go and make disciples.' So dis 'n kwessie van hoe dupliseer ek? Hoe het die kerk gegroei? Dis duplisering, en ek gaan nou-nou in detail daaroor praat.

Dissipelskap is one-on-one relationships. Hier praat ek nou nie van die groep nie - ons sal nou daarby uitkom - maar dissipelskap is one-on-one, want dis hoe ek impart. Dis hoe ek maak dat die volgende persoon groei. Dis hoe ek dupliseer deur dissipelskap. Die konsep van jou as 'n fisiese gesin: as jy kinders het, wat is jou intensie met jou kinders? Of mens dit nou wil weet of nie, jou intensie met jou kinders is om hulle toe te rus sodat hulle onafhanklik kan leef.

Jy wil nie hê as jou kind veertig is, dan sit hy nog in sy kamer by jou huis en jy maak elke dag vir hom kos en was sy klere, en hy's going nowhere. Jou doel met grootmaak van 'n kind in hierdie wêreld is: jy rus hom toe om op daai punt te kom waar hy onafhanklik kan gaan funksioneer. Dis die konsep van dissipelskap.

Dis dieselfde beginsel van een van die integrale uitdagings wat ons het in die liggaam van Christus en in kerk-wees: mense bou 'n kerk, maar hulle klou vas aan die mense binne-in daai kerk. Hulle klou vas, want daar's 'n struktuur, daar's 'n gebou, daar's salarisse, daar's overhead. So ek moet hierdie man vasklou, want ek het sy tiende nodig om al my goed te betaal, so hy kan nie gaan nie. Maar die intensie is: we have been sent to make disciples. So wat beteken dit? Een wat soos ek lyk.

Paulus het gesê: 'Jy volg my net tot die mate wat ek soos Christus lyk. Die deel van my wat nie soos Christus lyk nie, volg jy nie.' So in wese sê ons: volg Christus. Wat Johannes die Doper gesê het: 'There is one coming. Look at him, not at me.' So Paulus sê: 'Volg my tot die mate wat ek soos Christus lyk,' maar eintlik volg jy vir Christus. So daai duplisering deur dissipelskap - daai intensie is presies dieselfde. Ek dupliseer myself in die volgende persoon sodat daai persoon soos Christus kan lyk, maar onafhanklik kan gaan funksioneer.

In stede daarvan dat ek vasklou en sê ek is die enigste een wat in hierdie gawes kan funksioneer, ek is die enigste een, en ek hou mense eintlik captive - in stede daarvan sê ek: 'I impart into you so that you can look like me to the extent that I look like Christ. So I'm duplicating myself into independence.' Is julle met my? Dis hoekom die dissipelskap-element so belangrik is en hoekom dit 'n one-on-one relationship is. Dan is die vierde kolom kerk of gemeenskap, community - geloofsgemeenskap is eintlik die term waarna ons verwys.

Belonging to a Faith Community

So dan kom jy by daai laaste kolom: nou het ek one-on-one met mense gewerk, ek het hulle ge-impart, en nou begin dit groei, en nou sê ek: 'OK, maar waar kom ons almal nou bymekaar? Hoe begin ons nou?' Soos die praktiese probleem wat hulle in die begin gehad het: 'Hoor hier, dis great, die kerk explode, nou kry hierdie ouens nie kos nie. Nou moet ons praktiese goed begin uitwerk.' Sê: 'OK, maar hoe funksioneer hierdie ding prakties?' Ons het hierdie ouens nodig wat kos uitgee, ons het hierdie ouens nodig wat dit doen - want almal moet nog steeds versorg word sodat elkeen kan fokus op die gawe en die funksie wat hy binne-in daai liggaam moet verrig.

So jy kom by daai laaste kolom en you belong somewhere. Jy het 'n geloofsgemeenskap rondom jou nodig, en ons sal oor daai deel en hoe dit funksioneer ook praat. Is julle met my waartoe ons op pad is? Verstaan julle die four by four?

A Short Break

Wil julle gou net regop staan en weer sit, net vir die wat... Rek net jou bene. Don't go anywhere. Ek kan vir julle die slides na die tyd ook gee, né?

Dis reg. Is julle reg? Kom ons gaan aan. Ons gaan nou-nou 'n break vat; hierdie is net sodat jy net asem skep.

Applying the Four Practices to Every Column

So die beginsel van die four by four-konsep is dat elkeen van hierdie vier goed in elkeen van hierdie kolomme moet plaasvind. Ons begin by die ek. Sê: OK, jy - hoe doen jy apostles doctrine? Hoe doen jy fellowship? Hoe doen jy breaking of bread? Hoe doen jy prayer?

Nou sê dit: OK, jou gesin - hoe doen jy en jou gesin die Woord, fellowship, breaking of bread, prayer? Right, we've got that. Nou, disciples - die ouens met wie jy one-on-one saam stap: hoe doen julle apostles doctrine, fellowship, breaking of bread, prayer? Want dit is al wat hulle gedoen het. Ons gaan nie nou hierkom en dit weer korrupteer nie, nou wil ons weer 'n klomp reëls implementeer en ring-fence en ouens vasklou en wat ook al.

Nee, die beginsel bly dieselfde. Dit is al wat hulle gedoen het. Hulle het nie by kolom drie gekom en toe die plan wysig nie. It worked because that's what they did. En dan, in terme van jou geloofsgemeenskap waar jy inskakel - selfde beginsel. Daar hoort niks daar wat nie hier uitkom nie.

Shocked by What Wasn't in the Word

As daar iets daar is toe my lewe verander het, was dit vir my eye-opening hoeveel gewoontes daar in die kerk was wat nie in die Woord is nie, en hoeveel goed in die Woord is wat nie in die kerk is nie. Ek was geskok toe my oë oopgaan. Ek het gesê: waar kom die goed vandaan wat ons doen? Dis nie in die Woord nie. Maar iemand sit daar anderkant en besluit: hoe lyk die reëls? So daar by kerk - dis wat ons doen: die Woord, apostles doctrine, fellowship, breaking of bread, prayer. Is julle met my? Die ek, die gesin, die dissipelskap en die kerk.

Starting with Myself: The Building Block

Ons begin by die ek-gedeelte, wat krities is, want dit is die boublok. Die beginsel is: ek kan nie gee wat ek nie het nie. Ek kan nie gee wat ek nie is nie. Want, soos ons gisteraand - ek gaan daai woord weer gebruik vir die van julle wat gisteraand nie hier was nie - dis nie volhoubaar nie. Wat maak dat hierdie Handelinge-kerkmodel werk?

Dit is volhoubaar, en dis waar ons wil wees. Ons wil nie sê: 'Hoor hier, kom ons doen gou iets vir die volgende jaar,' en dan val dit plat. Nou moet ons weer iets anders uitdink - wat doen ons volgende jaar? Nou werk dit vir sewe maande, dan val dit plat, dan dink ons weer iets uit. Nee, hierdie is die ding wat dit volhoubaar maak en wat dit eenvoudig maak. Maar dit begin by my.

So deur daai vier blokke moet ek nou gaan: ek. Hoe lyk dit vir my onder apostles doctrine of Woord? Hoe lyk dit vir my onder fellowship? Hoe lyk dit vir my onder breaking of bread? Nou is hierdie 'n interessante een, want jy praat nou in die eerste kolom van net ek. Nou kan jy begin wonder: 'Maar hoe werk dit as ek net een is? Hoe doen ek hierdie goed?' Julle sal nou sien, dis waar dit lekker en interessant raak.

Nommer een, die Woord - wat krities is rakende daai, julle sal nou sien op my slides. Daai lig vang julle nou nie so goed as in my oë nie, maar julle sal sien op die slides soos ek aangaan. Daai's die four by four. Dis nie sestien blokkies nie, dis nie 'n kubus nie, OK? Dis die four by four. En kolom een, die kolom waarmee ek besig is, merk ek groen, en die blokkie waarmee ek besig is, oranje. So ek is besig met kolom een, die ek, en ek is besig met blokkie een, die Woord. Julle sal maar sien soos ek aangaan waar ek trek - hopelik sal ek self ook sien waar ek trek.

Block One: The Word — Worship in Spirit and Truth

So daai blokkie een, die Woord. Die Bybel sê ons moet Hom aanbid in gees en in waarheid. We worship Him in spirit and in truth. Dis nie iets wat ons uitdink nie - ek gaan bly terugverwys hierna. Wat beteken dit as ons sê ons aanbid Hom in gees en in waarheid? The Word says it's the Spirit that gives life, the flesh profits nothing. So dis nie in religion nie, dit is in relationship.

Spirit is relationship. I worship Him in relationship. Die tweede een: Hy's Spirit, I worship Him in truth. Wat is truth? Truth is reality - dit is iets wat bestaan. So in God se wêreld, in Sy wese, bestaan daar sekere goed, en dit lyk op 'n sekere manier. It says God is light; in Him is no darkness. Dis nou een voorbeeld.

So as ek Hom wil worship, moet ek Hom in die waarheid van wie Hy is, moet ek Hom dien. So nou moet ek weet: wat is God se waarheid? Want nou kan ek sê: 'Mm, hier's 'n ou wat siek is, maar jis, die Here straf hom seker maar. Hy gaan seker maar doodgaan. So los hom, moenie vir hom bid nie, want die Here straf hom nou. Die Here wil hê hy moet doodgaan.' Nou is die vraag: waar is dit in die Bybel? Wys gou vir my waar in die Bybel het Jesus dit gedoen, by iemand gekom en gesê: 'O nee, nee, my Vader het hierdie ou geoordeel, los hom.' Waar is dit?

So waar kry ons daai nonsens wat ons glo? As dit nie in die Woord is nie, hoekom twyfel ons? Verstaan julle hoekom dit krities is dat we worship Him in spirit and in truth? Want nou moet ek gaan weet hoe lyk hierdie waarheid. Nou bid ons vir ons Vader en ek sê: 'Let it be on earth as it is in heaven.' Het ons daai verwagting? Wat is daar in heaven en wat is daar nie in heaven nie? There's no darkness in heaven. There's no sickness in heaven. There's no poverty in heaven. There's no divorce in heaven. So hoekom bid ek: 'Let it be on earth as it is in heaven,' as ek nie die verwagting het dat dit so moet lyk nie, ten minste in my lewe, my gesin se lewe en in my geloofsgemeenskap?

So wat is waarheid? Waarheid is wie God is. Dis 'n realiteit wat bestaan, nie 'n stel reëls nie. Dit of dit bestaan of dit bestaan nie. Dis hoekom dit sê: worship Him in spirit - julle moet nou by my bly - you worship Him in spirit, relationship, and in truth, reality. Dis hoe dit lyk. Of ek dit weet of nie weet nie, verander dit nie die realiteit nie. Ek het altyd die voorbeeld gebruik van swaartekrag. Daar's wette wat werk in die fisiese en in die geestelike, en dis deel van realiteit, dis deel van waarheid. Ek kan sê: 'Ja, maar ek het nie geweet van swaartekrag nie.' As jy van die dak afklim, gaan jy swaartekrag op 'n harde manier leer ken.

En dit werk. Of jy dit verstaan of nie verstaan nie, dit werk. Die realiteit, die waarheid - worship Him in truth. Dit bestaan. Of jy dit weet of nie weet nie, dit bestaan. It is just that much better for us to understand truth, to understand the rules of engagement, that we may worship God according to that. Anders, as ek die eenvoudige voorbeeld kan gebruik: nou kom ek en ek bid vir God vir iets wat nie Sy karakter is nie. Dis nie lig nie, dis nie lewe nie, dis nie Sy koninkryk nie. It's not good, ja, dis nie Sy plan nie. So hoekom bid ek dit? Ek bid dit want ek weet nie wat waarheid is nie.

Not Religion, But Relationship

So hierdie eerste blokkie van Woord - ek en Woord. Ons gaan vanmiddag lekker praktiese sessietjies hê waar julle 'n bietjie op julle eie gaan sit, en dan gaan julle vir julself die blokkies invul om te sê: 'Ek, onder Woord, wat doen ek?' Dan gaan jy lekker vir jouself skryf: dis wat ek doen, ensovoorts. En hoe werk dit vir jou? Hoe maak jy blokkie een werk?

Maar hierdie punt waarby ons begin in blokkie een, wat die Woord is, is krities om te verstaan: wanneer ek tyd in die Woord spandeer, gaan dit nie oor religion nie. Dit gaan nie oor ek wil die boksie tick nie. So as jy vanmiddag jou blokkie een invul en jy sê: 'Jog, ek moet elke dag Bybelstudie doen, ek moet dit, ek moet dit, ek moet dit' - jy kan 'n klomp goed daar neerskryf wat net roetine en religion is, wat ook al. Maar wat is die intensie? Jy moet die wese daarvan verstaan.

En Woord - wat is Woord? Woord wys vir ons die realiteit van wie God is. So hoe weet ek wat waarheid is? Ek het nodig om tyd in die Woord te spandeer - nie sodat ek goed voel en die boksie kan tick en vir God kan sê: 'Ja, maar sien U, ek het nou gelees.' Jy lees een hele hoofstuk vandag en sê: 'Ek tick die boksie, sien Here, ek het gelees,' maar jy't glad nie connect met die lewe wat agter dit sit nie. Then it's religion - serves no purpose.

Maar Woord gee vir ons die vermoë om vir ons waarheid te wys. En wat krities is, wat julle moet verstaan: dit is nie 'hier spandeer ek tyd in die Woord, ek is besig om die Woord te lees' en hierso 'ek is besig om te engage met God' - hier's my verhouding met God en hierso spandeer ek tyd in die Woord. There's not a separation between the Word and the person. So as ek nou praat, ek is besig om te praat - kan jy nou sê: 'OK, jy vat my woord en jy's besig met tyd met my woord, maar jy los my uit die prentjie uit'? Hoe werk dit? As ek uitstap by daai deur, dan bly my woord nie hier nie. My woord is waar ek is.

A Relationship, Not a Tick-Box Religion

Volg julle? So die vraag is: as jy besig is om die Bybel te lees, is God daar? Dit is nie die gewoonte van 'ek lees die Bybel en nou tick ek die boks' nie. Dit is 'n verhouding. So wanneer ek die Woord bestudeer, begin ek by: 'God, I'm seeking You. I'm seeking to understand more of You. Show me more of You, Father. Show me more of You.' It's a relational thing.

Why Time in the Word Is Critical

En dit is waar die beskerming begin by die Woord wat vir my waarheid gee: om te sê, hoe werk hierdie rules of engagement? Waarmee is ons besig? Ons sê ons is besig met Sy koninkryk, ons sê ons is besig met Sy doel, maar ons is ook besig met Sy resep, Sy way. So Hy het gesê: Hier's hoe hierdie goed werk, kom Ek wys julle hoe werk hierdie goed. En as jy dit so doen, gaan dit werk. As jy dit in gees doen, gaan dit werk. As jy jou eie ding gaan doen, gaan dit nie werk nie. So hoekom is blokkie A1 van tyd in die Woord so krities?

Twee goed. Die een is: dit is die verhouding met - die Woord sê net vir ons wat reeds bestaan. Die Woord sê vir ons wie God is. So wanneer ek die Woord bestudeer, is dit om in 'n plek van verhouding met die Vader te wees en te sê: 'O Vader, ek sien wie U is. Nou verstaan ek. U Woord sê U is net lig, U is net lewe, U is net liefde. U Woord sê: "I put in front of you life and death, choose." O nou verstaan ek, God, ek moet kies.'

Dit gebeur nie outomaties nie. Verstaan julle hoekom dit so belangrik is om tyd in die Woord te spandeer? Want anders weet ek nie wat is realiteit waarvolgens ek moet leef nie. Dan leef ek volgens die realiteit wat religion vir my geskep het, of wat my pa my vertel het. It is personal, it is relational.

The Seven Sons of Sceva

Ek praat altyd van daai seven sons of Sceva storie. Van die hoëpriesters, en hulle het almal gehoor van hoe hulle die demone uitjaag, en toe kom hierdie seven sons of Sceva - wat sewe seuns van die hoëpriester is - en hulle kom in hierdie een vertrek met 'n man wat gevul is met demone. Hulle sê: 'Nee, ons gaan ook nou demone uitjaag.' En hulle adresseer hierdie demoon binne-in hierdie man en sê: 'Gaan uit in die naam van die Jesus wat Paulus preek.' Hoe het dit vir hulle uitgewerk? Al sewe kaal, en die pad afgehardloop,

vol skrape en knoppe. Daai man het vir hulle uitgesorg. Want wat sê die demoon binne-in daai man? 'Jesus ken ek. Paulus weet ek van. Maar julle, wie's julle?' Wat het hy eintlik gesê? 'Julle weet nie wie julle is nie. Julle weet nie van watter Jesus julle praat nie. Julle het geen outoriteit nie, want julle weet nie van wie julle praat nie. Julle praat van iets wat julle van gehoor het.' Jy kan nie praat van iets wat jy van gehoor het nie.

Jy moet praat van iemand wat jy ken. And that makes all the difference. En om daai Iemand te ken, is personal, it is relational, it is time with intent. Dis nie 'n religious tick-the-box nie. So in daai eerste blokkie, vir my, om tyd in die Woord te spandeer, om daai verhouding met Hom te hê, to seek His face, to desire Him, en om die Woord te bestudeer - ons moet die Woord ken, maar nie as gevolg van religion nie.

Knowing Who You Are in Christ

Ek moet die Woord ken, want wat is die een ding wat Satan oor het? Jesus het gekom en Hy het die outoriteit gevat, die sleutels van hel en van dood. Daar is geen outoriteit wat Satan oor jou meer het nie. Zero. Geen. Die enigste impak wat Satan in jou lewe kan hê, is die leuen wat jy glo. So ek het die Woord nodig om vir my te sê: 'Dis wie jy is, My seun.

Dis wie Ek is. Dis wie jy is, My seun of My dogter. Dis die realiteit. Dis die outoriteit wat jy het in My Naam. En as jy van daai plek af sal funksioneer en sê: "Resist the devil, submit to Me, and he will flee."' Nou raak dit nie hierdie konteks van: nou staan ons en gesels en vir drie uur lank redeneer ek en jy - is hierdie ding vir almal of is hy nie? En vir drie uur lank gee jy jou opinie en ek gee my opinie, en ek stel nie belang in jou opinie nie, en jy behoort ook nie in my opinie belang te stel nie.

The Word as a Mirror

Wys my, soos Johannes die Doper sê: 'There's One coming.' Wys my Hom. Ek wil Hom sien. So as jy vir my iets wil sê, dan vat Hom en wys Hom vir my - die Woord van God. Dit sê die Woord is 'n spieël. Hoekom is dit 'n spieël? Want ek lees dit, en as ek dit lees dan sê ek: 'Maar dis wie ek is.' Wie van julle kyk in 'n spieël en sien iemand anders? Ons sal 'n afspraak vir jou maak, hoor. Moenie worry nie, daar's hulp vir sulke gevalle.

Maar as jy in die spieël kyk, dan sien jy jouself. So die Woord sê die Woord is 'n spieël. Jy kyk daar, en as God sê: 'You will lay hands on the sick and they will recover. You will raise the dead. You will cleanse the lepers' - dan wat? Vat jy die spieël en sê: 'O, hier's seker iemand agter my. God, U het seker hierdie groot apostel bedoel, of hierdie evangelis - dis seker hy.' Nee, dit sê: 'You will lay hands on the sick.' So wanneer ek tyd in die Woord spandeer, dan sien ek wie my Vader is.

Ek sien wie Hy my gemaak het, en dit raak my realiteit. Sodat wanneer Satan wil kom - die grootste impak wat Satan in ons lewe het, is hierdie hakkies wat hy kan vashaak, waar ek die leuen geglo het. As ek die leuen glo, dan's daar 'n lekker hakkie wat Satan kan sê: 'Nou het ek jou op daai.' Totdat jy op die punt kom waar jy kan verstaan en sê: 'No, this is a lie.' Jesus het met die Fariseërs gepraat en gesê: 'You are like your father, and he is the father of lies.'

Switching On the Light

Dis al wat hy oorhet. Maar as ek nie die Woord bestudeer nie... Ek hoef nie Satan te baklei nie. How do you fight darkness? You don't fight darkness - you switch on the light. Dis dit. God is light, and in Him is no darkness. So ek moet net in Hom wees. En hoe is ek in Hom? Ja, ek maak die besluit, ek gee my lewe oor. Maar dan kom dit by: hoor hier, kom ek bestudeer hierdie Woord. En hoe meer ek die Woord bestudeer, hoe groter raak my wêreld.

Dit is soos om in hierdie vertrek in te stap in die middel van die nag, wanneer dit pikdonker is. Hier staan 'n paar meubels, maar ek kan niks sien nie. Ek vat 'n flits en sit die flits aan. Nou sien ek: 'Whoa, hier staan 'n stoel! Dankie tog, ek gaan nie oor hom val nie. Ek gaan hier loop.' Nou stap ek: 'Whoa, hierso staan 'n tafel! Ek het nie geweet hier's 'n tafel nie.' Dis hoe die Woord is. Die Woord skyn net daai liggie en sê: 'Whoa, ek het nie geweet hierdie bestaan nie - nou weet ek.' En die konteks vir my is: as ek die liggie eers op hierdie stoel geskyn het, bly die lig skyn. Dan skyn ek die liggie op daai tafel, dan bly die lig ook skyn.

So soos wat ek aangaan, raak my wêreld groter van die realiteit wat reeds bestaan. Ek hoef nie te fabriseer nie, ek hoef nie uit te dink nie, ek hoef nie vir ure te redeneer nie. Ek moet net sê: 'Show me reality.' My definisie van faith was nog altyd al die jare: my oortuiging. The definition of faith is knowing reality and functioning according to that reality.

Faith Is Knowing Reality

Dis nie geloof nie: 'Ek glo God gaan hierdie kom doen.' Hoeveel mense se definisie van geloof is dit? 'Faith is that I accept that God is gonna start doing it.' No. Faith is knowing reality and functioning according to that. So nou weet ek, ek het met die lig hier geskyn en hierdie stoel bestaan. Dis God se realiteit - Hy bestaan.

Nou gaan sit ek op daai stoel, want hy bestaan. Maar as ek nie daar geskyn het nie, het ek nie geweet hy bestaan nie. En dan hou ek aan bid en sê: 'Here, gee vir my 'n stoel, gee vir my 'n stoel, Here, ek wil sit, gee vir my 'n stoel. Ek het geloof, Here, U gaan my 'n stoel gee.' En Hy weet nie wat om te doen nie, want die stoel staan voor jou - jy sien hom net nie. So dis hoekom A1 so belangrik is: die tyd wat jy in die Woord bestudeer, sodat geen leuen, geen ander persoon se revelation, geen darkness houvas in jou lewe kan kry nie, sodat jy kan sê:

'I know who my Father is. I know who my Christ is. I know who I am in Christ Jesus. I know what He's given me access to. I know the authority that is in His name that He's given me access to. I know that He's made me victorious in this life, and that He only wants good things for me. I will go forth and I will declare His life and His purpose, and I will live it and establish it in this earth.' In plaas van: 'O, is dit God se wil dat almal genees word of nie...' Kom ons hou ons nie besig met snert nie.

Choosing God's Reality

Kom ons kom by waarheid en verhouding en lewe en gees, en ons manifesteer dit. Wat is die doel waarmee ons vandag begin het? God wants to manifest His kingdom. Dink jy God is confused, of Hy wil hê mense moet genees word of nie? Dink jy God is confused, of Hy wil hê elke huwelik moet werk of nie? Hy's nie confused nie. Hy't dit vir ons gewys. Christus het dit vir ons kom wys. Hy sê: 'Daar, dis My realiteit. There is only life. There is only joy. There is only peace. But you have to choose it.

You have to know it to choose it.' Die Romeine tien - hoe het jy die lewe in Christus ontvang? You must believe with your heart. En hoe believe jy? Iemand moet vir jou die Woord kom verkondig.

“So then faith comes by hearing, and hearing by the word of God.”

Romans 10:17 (NKJV)

As ek nie die Woord hoor of sien nie, dan weet ek nie daai realiteit nie. So wat gebeur?

“Whose minds the god of this age has blinded, who do not believe, lest the light of the gospel of the glory of Christ... should shine on them.”

2 Corinthians 4:4 (NKJV)

The Word Is a Seed

So julle dink ek praat figuratively, maar dis die realiteit hoe dit werk. Hoe ontvang jy Jesus as jou Verlosser? Iemand moet die gospel verkondig, and through that Word - embedded in the Word. Die Woord is saad. So in daai saad wat jy ontvang, het daai Woord die vermoë om te produseer waaroor hy praat.

So when you receive the gospel of Jesus Christ - Romeine een sê: 'It is the power of God unto salvation.' Dit's nie 'n storietjie nie - it is the power of God unto salvation. So wanneer ek die gospel of Jesus Christ aan jou verkondig, dan is dit die Romans 1:16: the gospel of Jesus Christ is the power of God unto salvation. Ek bring die Woord vir jou rondom die gospel of Jesus Christ, en binne-in daai Woord het Hy die vermoë om salvation te produseer. But Hebrews four says: 'They received the Word, but it didn't benefit them, because they didn't mix it with faith.'

Die feit dat jy die Woord ontvang, beteken nie dit gaan produseer nie. So ek ontvang hierdie Woord - the gospel of Jesus Christ - it opens my eyes so I can see. 'Oh, reality! Jesus died for me. I can see it. That's reality.' En ek reageer op daai realiteit en sê: 'I believe with my heart, I confess with my mouth that Jesus Christ is the Son of God, that He died for me, and that He was resurrected.' So soos wat daai Woord kom, maak dit my oë oop, en dan reageer ek op daai Woord, en daai Woord produseer dit waaroor dit praat.

Ek hoef nie goed uit te dink nie. Ek hoef nie met nuwe goed vorendag te kom, en 'n stel reëls en 'n resep nie. Ek hoef net te sê: 'Vat net alles weg sodat ek realiteit kan sien.' And then when I see it, God says: 'I put it in front of you, but you have to choose it.' Daar's 'n klomp goed wat ons God voor blameer, wat nie Hy is nie. Dis die gevolg van die keuses wat ek maak. Sin has implications. Even though Jesus died for it, sin still has implications.

Dit het nie noodwendig met jou salvation te doen nie, maar dit kan ander implikasies in jou lewe hê.

Worship in Spirit and Truth

So, ons aanbid Hom in gees en waarheid. Die Woord verbind ons met daai werklikheid, dit verbind ons met Sy werklikheid. Dit wys ons wat werklik is, en dit vestig dit in ons. So nou raak dit wat God is, 'n realiteit binne my. Ek het al die jare gesê: 'Wat is dit wat ek het om jou te bied?' Ek het net twee goed om jou te bied: die Woord van God en die Gees van God. Ek kan dit net vir jou bied as ek dit het. So die hele konsep van kolom een gaan oor: ek kan nie gee wat ek nie het nie. As my oë nie oopgemaak is vir lig en lewe nie, hoe gaan ek dit met jou deel?

Scriptures on Meditating in the Word

Hier's baie verse oor die Woord van God. Ek gaan vinnig daardeur hardloop, en dan vat ons gou 'n break.

“But his delight is in the law of the LORD, and in His law he meditates day and night. He shall be like a tree planted by the rivers of water, that brings forth its fruit in its season, whose leaf also shall not wither; and whatever he does shall prosper.”

Psalm 1:2-3 (NKJV)

Hoekom? Want jy spandeer tyd in die Woord wat vir jou 'n realiteit raak, en dan sê jy: 'Ek weier om enige realiteit te aanvaar wat nie in lyn is met God se realiteit nie.' So die Woord self sê: wanneer jy tyd in die Woord spandeer, sal jy prosper. Because you know what reality is.

“This Book of the Law shall not depart from your mouth, but you shall meditate in it day and night, that you may observe to do according to all that is written in it. For then you will make your way prosperous, and then you will have good success.”

Joshua 1:8 (NKJV)

Dis wat die Woord sê.

“And do not be conformed to this world, but be transformed by the renewing of your mind, that you may prove what is that good and acceptable and perfect will of God.”

Romans 12:2 (NKJV)

So ons moet bewys wat die wil van God is, maar dit sê jy moet jou mind renew. As jy met jou ou mind dit gaan probeer doen, gaan jy nie bewys wat die realiteit van God is nie.

“But be doers of the word, and not hearers only, deceiving yourselves.”

James 1:22 (NKJV)

Scripture

Resources